Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 12:2-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Jefta het hulle geantwoord: “Ek en my manskappe was in 'n ernstige stryd gewikkel met die Ammoniete, en ek het julle hulp ingeroep. Maar julle het my nie uit hulle mag kom red nie.

3. Toe ek merk daar is niemand wat my kom red nie, het ek my lewe gewaag en teen hulle opgetrek. Die Here het hulle in my mag oorgegee. Waarom kom julle nou teen my oorlog maak?”

4. Jefta het toe al die manne van Gilead opgeroep en teen Efraim oorlog gemaak, en die manne van Gilead het vir Efraim verslaan. Die mense van Efraim het altyd vir hulle gesê: “Julle mense van Gilead is weglopers uit Efraim en Manasse.”

5. Die manne van Gilead het die Jordaandriwwe na Efraim toe beset, en wanneer 'n Efraimitiese vlugteling sê: “Ek wil deurgaan,” sê hulle vir hom: “Jy is 'n Efraimiet.” As hy sê: “Nee, ek is nie,”

6. sê hulle vir hom: “Sê 'n bietjie: Sjibbolet,” maar dan sê hy: “Sibbolet,” want hy kan dit nie reg uitspreek nie. Dan gryp hulle hom en maak hom daar by die Jordaandrif dood. In daardie tyd het daar twee en veertig duisend man van Efraim gesneuwel.

7. Jefta was ses jaar lank 'n leier van Israel. Jefta die Gileadiet het gesterf, en hy is begrawe in een van die stede in Gilead.

8. Na Jefta was Ibsan uit Betlehem die leier van die Israeliete.

Lees volledige hoofstuk Rigters 12