Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 86:3-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Wees my genadig, Here,ek roep die hele dag deur na U.

4. Maak my bly, Here,ek hunker na U.

5. U is goed, Here, U vergewe altyd weer,U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp.

6. Luister na my gebed, Here,gee tog ag op my smeekgebed.

7. Op die dag van my nood roep ek na U,U sal my gebed verhoor.

8. Daar is geen god soos U nie, Here,niks kan met u werk vergelyk word nie.

9. U het al die nasies gemaak;hulle sal voor U kom buig, Here,en aan u Naam die eer gee,

10. want U is groot en doen magtige dade,U alleen is God.

11. Leer my u pad, Here,ek wil wandel in u waarheid;leer my U met toewyding dien.

12. Met my hele hart sal ek U prys, Here my God,u Naam altyd eer,

13. want u liefde vir my was groot:uit die dieptes van die dood het U my gered.

14. Dit is hovaardige mense wat my aanval, o God,'n bende geweldenaars wat my wil doodmaak,mense wat met U nie rekening hou nie.

15. U, Here, is 'n barmhartige en genadige God,lankmoedig, vol liefde en trou.

16. Sien my, u dienaar van my geboorte af, in genade aan,gee U my tog krag en red my.

Lees volledige hoofstuk Psalms 86