Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 74:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Gedig van Asaf.Waarom, o God, hou U aan om ons te verstoot?Waarom is U kwaad vir die kudde wat aan U behoort?

2. Dink tog aan u gemeentewat U lank gelede u eiendom gemaak het,die volk wat U vir Uself as besitting verkry het,Sionsberg waarop U gewoon het!

3. Kom loop tog deur die plek wat so lank al in puin lê,die heiligdom wat die vyand so totaal verwoes het.

4. Die oorwinningskreet van u vyande het in die plek van samekoms weerklink,en hulle het hulle vaandel daar opgerig.

5. Dit het gelyk soos wanneer iemand met 'n byl bosse skoonkap.

6. Hulle het al die houtsneewerkmet byl en koevoet stukkend geslaan.

7. Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek,die woonplek van u Naam tot op die grond afgebreek.

8. Hulle het vir hulleself gesê: “Ons sal alles vernietig.”En hulle het elke plek van samekoms in die land aan die brand gesteek.

9. U openbaar U nie meer aan ons nie,daar is geen profeet meer nie,niemand onder ons wat weet hoe lank dit nog gaan duur nie.

10. Hoe lank, o God, sal ons teëstanders ons nog verneder?Sal die vyand u Naam vir altyd bly belaster?

11. Waarom help U ons nie?Waarom lig U nie u hand op en vernietig die vyand nie?

12. God is van altyd af my koning,dit is Hy wat op die aarde redding bring.

Lees volledige hoofstuk Psalms 74