Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 68:11-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. U eie volk het daar gaan woon.In u goedheid, o God, het U dit vir u hulpelose volk bestem.

12. Die Here het bekend gemaak:“Daar is goeie nuus:'n groot leër,

13-14. magtige konings, het gevlug,hulle het gevlug.”Terwyl die manskappe nog tussen die saalsakke gelê en rus het,was die vroue tuis al besig om die buit te verdeel:beeldjies van duiwe waarvan die vlerke oorgetrek is met silweren die vlerkpunte met glinsterende goud.

15. Dit het gesneeu op Salmonsbergtoe die Almagtige die konings daar uitmekaargejaag het.

16. Basansberg, ontsaglike berg,Basansberg, berg met hoë kruine,

17. waarom, berg met jou hoë kruine,kyk jy met afgunsna die berg wat God as sy woning verkies het,waar die Here vir ewig woon?

18. Die skitterende strydwaens van God was duisende,duisende der duisende,toe die Here van Sinai af die heiligdom betree het.

19. U het krygsgevangenes weggevoer,mense het vir U geskenke gebring,selfs dié wat teen U in opstand was.Toe het U opgegaan na die hoogteom daar te woon, Here God!

20. Geloof sy die Here!Dag na dag dra Hy ons! God is ons hulp! Sela

21. God is vir ons die God wat ons red,die Here ons God deur wie ons bewaar word in doodsgevaar.

22. God verpletter die kop van sy vyande,die kop van dié wat in hulle sonde volhard.

23. Die Here het gesê:“Uit Basan bring Ek my vyande,Ek bring hulle uit die dieptes van die see.

24. Julle sal hulle bloed van julle voete afwas,die honde sal die bloed van julle vyande oplek.”

25. Die mense sien u feesoptog, o God,die feesoptog van my God,my Koning, na sy heiligdom:

26. vooraan die sangers,agteraan diéwat snaarinstrumente speel,en tussenin, meisies wat tamboeryne slaan.

27. Hulle loof God in kore,die nasate van Israel loof die Here.

Lees volledige hoofstuk Psalms 68