Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 60:3-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. U het ons verstoot, o God,ons uitmekaar geskeur.U was kwaad vir ons.Laat dit tog weer met ons goed gaan.

4. U het die land laat bewe en dit oopgekloof.Genees tog die wonde, want ons gaan tot niet.

5. U het 'n ramp oor u volk gebring,U het ons wyn laat drink wat ons laat steier het.

6. Trek tog u dienaars saam onder u vaandeldat hulle veilig kan wees teen die boog van die vyand. Sela

7. Red ons deur u groot mag, en help ons,sodat hulle vir wie U liefhet, gered kan word.

8. God het in sy heilige woning gesê:“As oorwinnaar sal Ek Sigem verdeelen die Sukkotlaagte uitdeel!

9. Aan My behoort Gilead, aan My behoort Manasse!Efraim is my vernaamste vesting,Juda my koninklike gebied.

10. Moab is tot my beskikking,Edom neem Ek in besit,oor Filistea juig Ek as oorwinnaar.”

11. Wie sal ons na Edom toe lei,ons bring na sy versterkte stad?

12. U het ons verstoot, o God,U trek nie saam met ons leërs uit nie, o God!

13. Help U ons tog teen die vyand,want die hulp van mense — dit is niks.

14. Met God aan ons kant sal ons oorwin,Hy self sal ons vyande vertrap.

Lees volledige hoofstuk Psalms 60