Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 60:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier: op die wysie van “Die lelie”. 'n Getuienis. 'n Gedig van Dawid, vir onderwys bedoel,

2. na aanleiding van sy geveg teen die Arameërs van Mesopotamië en die Arameërs van Soba toe Joab twaalf duisend Edomiete in die Soutvlakte verslaan het.

3. U het ons verstoot, o God,ons uitmekaar geskeur.U was kwaad vir ons.Laat dit tog weer met ons goed gaan.

4. U het die land laat bewe en dit oopgekloof.Genees tog die wonde, want ons gaan tot niet.

5. U het 'n ramp oor u volk gebring,U het ons wyn laat drink wat ons laat steier het.

6. Trek tog u dienaars saam onder u vaandeldat hulle veilig kan wees teen die boog van die vyand. Sela

7. Red ons deur u groot mag, en help ons,sodat hulle vir wie U liefhet, gered kan word.

8. God het in sy heilige woning gesê:“As oorwinnaar sal Ek Sigem verdeelen die Sukkotlaagte uitdeel!

Lees volledige hoofstuk Psalms 60