Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 6:5-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Neem my weer onder u sorg, Here, en red my lewe.Help my, want U is getrou.

6. Iemand wat dood is, kan tog nie u Naam bely nie.Kan iemand in die doderyk U prys?

7. Ek is uitgeput van verdriet,ek huil die hele nag deur,ek deurweek my bed met trane.

8. My oë het dof geword van verdriet,verswak deur wat my teëstanders my aandoen.

9. Gee pad van my af, julle almal wat onreg doen,want die Here het ag geslaan op my geroep om hulp,

10. die Here het geluister na my smeking,die Here het my gebed aangeneem.

11. Al my vyande sal beskaamd daarvan afkom,hulle sal verslae staan;in 'n oogwink sal hulle beskaamd moet padgee.

Lees volledige hoofstuk Psalms 6