Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 6:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier: met snarespel; met basstem. 'n Psalm van Dawid.

2. Moet my tog nie in u toorn straf nie, Here,en my in u gramskap tugtig nie.

3. Ontferm U oor my, Here, want ek kwyn weg,maak my gesond, Here, want my liggaam is uitgeteer.

4. Ek is heeltemal gedaan.Hoe lank nog, Here, voordat U uitkoms gee?

5. Neem my weer onder u sorg, Here, en red my lewe.Help my, want U is getrou.

6. Iemand wat dood is, kan tog nie u Naam bely nie.Kan iemand in die doderyk U prys?

7. Ek is uitgeput van verdriet,ek huil die hele nag deur,ek deurweek my bed met trane.

Lees volledige hoofstuk Psalms 6