Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 58:2-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Julle wat mag besit, is julle uitsprake werklik regverdig?Is julle beslissings in die sake tussen mense billik?

3. Nee, julle optrede in die land is die ene korrupsie,met geweld gaan julle deur die lewe.

4. Slegte mense loop van hulle geboorte af 'n verkeerde pad,vandat hulle in die wêreld gekom het, dwaal hierdie bedrieërs af.

5. Hulle is soos giftige slange,soos adders wat hulle doof hou,

6. wat hulle nie steur aan die stem van die slangbesweerder nie,hoe vernuftig hy ook mag wees.

7. Ruk hulle tande uit hulle mond uit, o God!Slaan dié leeus se slagtande uit, Here!

8. Laat hulle verdwyn soos water wat wegsyfer,laat hulle fyngetrap word soos droë gras.

9. Laat hulle wegraak soos slakke wat net slym agterlaat,laat hulle word soos misgeboortes, sonder lewe.

10. Laat hulle, voor hulle dit weet, uitgeroei wees soos onkruid,laat 'n gloeiende wind hulle wegwaai in die fleur van hulle lewe.

11. Die regverdige sal bly wees as hy sien daar is vergelding,as die bloed van die goddeloses oor sy voete loop.

12. Die mense sal sê: Daar is tóg 'n beloning vir die regverdige,daar is tóg 'n God wat reg op die aarde laat geskied!

Lees volledige hoofstuk Psalms 58