Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 51:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan

2. dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba.

3. Wees my genadig, o God, in u troue liefde,wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid!

4. Was my skoon van my skuld,reinig my van my sonde!

5. Ja, my oortredings ken eken van my sonde bly ek altyd bewus.

6. Teen U alleen het ek gesondig,ek het gedoen wat verkeerd is in u oë.U uitspraak is dus regen u oordeel regverdig.

7. Ek was al skuldig toe ek gebore is,met sonde belaai toe my moeder swanger geword het.

Lees volledige hoofstuk Psalms 51