Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 5:3-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Gee tog aandag aan my hulpgeroep, my Koning en my God,want tot U bid ek.

4. U luister na my stem in die môre, Here,in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag.

5. U is nie 'n God wat onreg verdra nie,die kwaad het by U geen plek nie.

6. Hooghartiges durf nie voor U kom nie.U haat almal wat onreg doen,

7. U roei alle leuenaars uit.Die Here verafsku moordenaars en bedrieërs.

8. Maar ek, ek mag deur u groot liefde in u huis ingaanen in u heilige tempel buigmet die eerbied wat aan U verskuldig is.

9. Omdat ek vyande het, Here,leer my tog wat reg isen help my om u wil te doen.

10. Niks wat hulle sê, is waar nie;al waaraan hulle dink, is my ondergang;hulle vlei my,maar hulle wil my in die graf laat beland.

11. Laat hulle daarvoor boet, o God,laat hulle deur hulle eie planne tot niet gaan.Dryf hulle weg oor hulle baie sondes,want hulle is opstandig teen U.

12. Maar laat almal wat by U skuil, bly wees,laat hulle altyd jubel.U beskerm dié wat u Naam liefhet,en hulle juig oor U.

13. U laat dit goed gaan met die regverdige, Here,u goedheid beskerm hom soos 'n skild.

Lees volledige hoofstuk Psalms 5