Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 47:2-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Al julle volke, klap julle hande;juig tot eer van God met 'n jubelende stem,

3. want aan die Here, die Allerhoogste, kom eerbied toe;Hy is die Groot Koning oor die hele aarde:

4. Hy het volke aan ons onderwerpen nasies aan ons onderhorig gemaak;

5. Hy het ons besitting vir ons uitgekies,die pragtige land van Jakob, wat Hy liefhet. Sela

6. God gaan op na sy tempel toe onder gejubel,die Here gaan op terwyl die ramshorings blaas.

7. Prys God, prys Hom met psalms,prys ons Koning, prys Hom met psalms!

8. God is koning oor die hele aarde;sing vir Hom 'n lied.

9. God is koning oor die nasies,God is op sy heilige troon.

10. Die leiers uit elke volk sal hulle verenig met die volk van die God van Abraham.Die heersers van die aarde is onderworpe aan God,Hy is bo almal verhewe.

Lees volledige hoofstuk Psalms 47