Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 45:6-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. U skerp pyle laat volke voor u voete val;hulle deurboor die hart van die koning se vyande.

7. U troon, verhewe wese, staan vir altyd vas,met u koninklike septer laat u geregtigheid geskied.

8. U het die reg lief en u haat die onreg,want, verhewe wese, onder groot vreugde het u God u bo u tydgenote tot koning gesalf.

9. Die geur van mirre, aalwyn en kaneel deurtrek al u klere;musiek uit u ivoorversierde paleis maak u bly.

10. Voor u staan prinsesse, getooi met u juwele,en aan u regterhand die koningin, versier met goud van Ofir.

11. Luister, dogter, luister goed:neem afskeid van u volk en u familie,

12. want u skoonheid bekoor die koning.U behoort aan hom, u moet hom eer.

13. Dogter van Tirus, die rykes van die volk sal u guns soek met geskenke.

14. In louter prag staan die koningin daarin haar kleed van goudbrokaat;

15. in haar veelkleurige rok word sy na die koning toe gelei;sy en haar gevolg van jong meisies, haar vriendinne, word na u toe gebring.

16. Onder uitbundige vreugde word hulle ingelei,betree hulle die paleis van die koning!

17. Mag u seuns hê om u geslag voort te sitdat u hulle kan aanstel as regeerders in die hele land!

18. Mag deur my lied die roem van u naam oor geslagte strek,sodat volke u vir altyd sal prys.

Lees volledige hoofstuk Psalms 45