Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 44:3-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. U het nasies met u eie hand verdryf,maar u volk 'n vaste woonplek gegee.U het nasies se mag verbreekom aan u volk vryheid te gee.

4. Dit is nie met die swaarddat u volk die land in besit geneem het nie,nie deur hulle eie magdat hulle die oorwinning behaal het nie,maar deur u krag, u mag en u teenwoordigheid,omdat U hulle liefgehad het.

5. U is my koning, o God;gee tog aan Jakob se nageslag die oorwinning.

6. Met u hulp sal ons ons teëstanders verslaan,in u Naam sal ons dié oorwin wat teen ons opstaan.

7. Op my boog vertrou ek nieen my swaard sal my die oorwinning nie gee nie,

8. want dit is U wat ons die oorwinning oor ons teëstanders gegee heten ons vyande die aftog laat blaas het.

9. Ons het God die hele dag deur geprysen sy Naam altyddeur geloof. Sela

10. Tog het U ons nou verstoot en ons in die skande laat kom.U trek nie meer saam met ons leërs uit nie.

11. U laat ons vlug voor ons teëstanders;ons vyande plunder na hartelus;

12. U lewer ons uit: ons is soos slagskape.U verstrooi ons onder die nasies;

13. U gee u volk sommerso weg, vir niks;daar steek geen voordeel vir U in nie.

14. U stel ons bloot aan die veragting van ons bure,aan die spot en beskimping van almal rondom ons.

Lees volledige hoofstuk Psalms 44