Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 35:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Van Dawid.Behartig my saak teen dié wat my aankla, Here,tree op teen my vyande,

2. gryp die skilde en kom help my.

3. Vat die spies en keer my vervolgers.Laat ek U hoor sê: “Ek red jou!”

4. Laat hulle wat my lewe soek,die slegste daarvan afkom en beskaamd staan.Laat hulle wat my ondergang soek,op die vlug slaan, teleurgestel in hulle verwagting.

5. Laat die Engel van die Here hulle jaag soos kaf voor die wind.

6. Maak hulle pad donker en glibberigen laat die Engel van die Here hulle agtervolg,

7. want hulle het nie rede gehad om vir my 'n strik te stelen vir my 'n gat te grawe nie.

8. Laat hulle einde skielik kom!Laat hulle in hulle eie strik beland!Laat hulle self in die gat val wat hulle gegrawe het!

9. Maar ek sal juig in die Here,ek sal jubel oor die redding wat Hy bring.

Lees volledige hoofstuk Psalms 35