Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 33:6-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Deur die woord van die Here is die hemele gemaak,deur sy bevel al die hemelliggame.

7. Hy het die seewater laat saamkom soos in 'n dam,die groot waters op een plek opgegaar.

8. Die hele aarde moet die Here vrees,al die bewoners van die wêreld moet vir Hom ontsag hê,

9. want Hy het gepraat en dit was so,Hy het beveel en dit was daar.

10. Die Here verydel die planne van die nasies,Hy laat hulle besluite op niks uitloop.

11. Maar die planne van die Here staan vir altyd vas,sy besluite van geslag tot geslag.

12. Dit gaan goed met die nasie wie se God die Here is,met die volk wat Hy vir Hom as sy eie gekies het.

13. Die Here kyk uit die hemelen sien al die mense.

14. Van die plek waar Hy as koning sit,sien Hy almal wat onder op die aarde woon.

15. Dit is Hy wat hulle verstand gevorm het,wat al hulle werk deurgrond.

16. Dit is nie deur 'n groot leër dat 'n koning wen nie,en nie deur groot krag dat 'n held behoue uitkom nie.

17. Dit is nie waar dat die perd die oorwinning geeen dat sy groot krag redding bring nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 33