Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 31:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.

2. By U, Here, skuil ek.Laat my tog nooit teleurgestel staan nie!Bevry my, want U is getrou.

3. Luister na my, red my tog gou.Wees vir my 'n rots om na toe te vlug,'n bergvesting om my te red.

4. Ja, U is my rots en my bergvesting,ter wille van u Naam sal U my voorgaan en my lei.

5. Bevry my uit die vangnet wat hulle vir my gestel het,want U is my toevlug.

6. In u hande gee ek my lewe oor,want, Here, troue God, U het my vrygemaak.

7. Ek haat mense wat waarde heg aan die nikswerd afgode;my vertroue stel ek in die Here.

8. Ek wil jubel en juig oor u troue liefde:U was nie onverskillig teenoor my ellende nie;U het die bedreiging van my lewe raakgesien

9. en my nie aan die mag van die vyand oorgelewer nie;U het my 'n veilige staanplek gegee.

10. Wees my genadig, Here, want ek is in die nood;van verdriet het my oë swak geword,ja, alles in my.

Lees volledige hoofstuk Psalms 31