Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 18:14-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Die Here het dit uit die hemel laat dreun,die Allerhoogste het sy stem laat hoorin hael en weerligstrale.

15. Hy het sy pyle afgeskieten die vyand uitmekaar gejaag,hulle met 'n menigte weerligstrale op loop gejaag.

16. Die seebodem het sigbaar geword,die fondamente van die aarde is blootgelêdeurdat U, Here, op hulle gebulder het met die orkaan van u toorn.

17. Van bo af het Hy sy hand uitgestrek en my gegryp,my uit geweldige waters uitgelig.

18. Hy het my gered van my vyand wat sterk was,van my haters toe hulle vir my te magtig was.

19. Die dag toe hulle my aangeval het,was my ondergang naby,maar die Here het my daarvan bewaar.

20. Hy het my in vryheid laat uitgaan,my gered omdat Hy my liefhet.

21. Die Here het aan my reg laat geskied,Hy het my onskuld aanvaar,

22. want ek het die wil van die Here gehoorsaamen my nie teenoor my God skuldig gemaak nie;

23. ek het my deur al sy bepalings laat lei en nie van sy voorskrifte afgewyk nie.

24. Ek was opreg voor Hom,ek was op my hoede teen enige ongeregtigheid.

25. Die Here het aan my reg laat geskied,want ek was onskuldig in sy oë.

26. U betoon U getrou teenoor die getroue,opreg teenoor die opregte,

27. rein teenoor die reine,maar U verwerp die huigelaar.

28. U red die verdrukte volk,U verneder die trotses.

29. U, Here, laat my lamp helder skyn;my God gee lig as dit donker is om my.

30. Met u hulp loop ek 'n oormag storm,met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie.

31. Wat God doen, is volmaak;wat die Here sê, is suiwer.Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy.

32. Waarlik, wie anders as die Here is God?Ja, wie anders as ons God is 'n rots?

Lees volledige hoofstuk Psalms 18