Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 17:5-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Elke stap van my was vasop die koers wat U aangewys het.My voete het nie daarvan afgewyk nie.

6. Ek roep U aan, want U sal my antwoord, my God!Luister tog na my en hoor wat ek sê.

7. Toon u wonderlike trou,U wat almal help wat vir hulle vyande by U skuil.

8. Beskerm my soos die appel van u oog,steek my weg in die skaduwee van u vleuels

9. vir die goddeloses wat my wil oorweldig,die doodsvyande wat my omsingel.

10. Sonder enige meegevoel,met monde wat aanmatigende dinge sê,omsingel hulle my

11. waar ek ook gaan.Hulle soek my ondergang.

12. Hulle is soos leeus, oorgehaal om te verskeur,soos jong leeus wat iets voorlê.

13. Kom tog, Here, staan hulle voor,dwing hulle op die knieë.Red my met u swaard uit die mag van die goddeloses,

14. met u eie hand, Here, van hierdie mense.Laat hulle ontydig omkom, sny hulle lewens af;laat hulle hulle vol eet aan die onheilwat U vir hulle gereed hou;laat daar oorgenoeg wees vir hulle kindersen laat daar nog oorbly vir die kindskinders.

15. Maar wat my betref,omdat die reg aan my kant is, sal ek weer voor U staan.As ek wakker word, sal ek my verbly in u teenwoordigheid.

Lees volledige hoofstuk Psalms 17