Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 139:13-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. U het my gevorm,my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.

14. Ek wil U loof,want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep.Wat U gedoen het,vervul my met verwondering.Dit weet ek seker:

15. geen been van my was vir U verborgetoe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie,toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.

16. U het my al gesien toe ek nog ongebore was,al my lewensdae was in u boek opgeskrywenog voordat ek gebore is.

17. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God,hoe magtig hulle almal!

18. As ek hulle sou wou opnoem —hulle is meer as wat daar sand is,en as ek daarmee klaar is,sou ek nog steeds met U te doen hê.

19. As U tog maar die goddelose uit die weg wou ruim, o God!Gaan weg van my af, julle moordenaars!

20. Dit is hulle wat bose planne teen U smee,wat so vals teen U optree.

21. Moet ek u haters dan nie haat nie, Here,moet ek nie 'n weersin hê in mense wat teen U in opstand is nie?

22. Ek haat hulle met 'n uiterste haat,want hulle is ook my vyande.

23. Deurgrond my, o God, deurgrond my hart,ondersoek my, sien tog my onrus raak.

24. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nieen lei my op die beproefde pad!

Lees volledige hoofstuk Psalms 139