Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 139:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm.Here, U sien dwarsdeur my,U ken my.

2. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit,U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom.

3. Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit,U is met al my paaie goed bekend.

4. Daar is nog nie 'n woord op my tong nieof U, Here, weet wat dit gaan wees.

5. U omsluit my van alle kante,U neem my in besit.

6. Dié wete oorweldig my,dit is te hoog vir my begrip.

7. Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug?Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom?

8. Klim ek op na die hemel, is U daar,gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar.

9. Vlieg ek na die ooste,of gaan woon ek in die verre weste,

10. ook daar lei u hand my,hou u regterhand my vas.

11. Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek,of die lig rondom my om in nag te verander,

Lees volledige hoofstuk Psalms 139