Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 137:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. By die riviere van Babel,daar het ons gesit, en ons trane het gevloeias ons aan Sion dink.

2. Aan die wilgerbome in daardie landhet ons ons liere opgehang

3. toe dié wat vir ons gevange weggevoer het,ons gevra het om 'n lied te sing,toe dié wat vir ons leed aangedoen het,van ons vrolikheid wou hê:“Sing vir ons 'n lied oor Sion!”

4. Hoe kan ons die lied van die Here singin 'n vreemde land?

Lees volledige hoofstuk Psalms 137