Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 136:7-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Hy het die groot hemelligte gemaak,Aan sy liefde is daar geen einde nie.

8. die son om te heers oor die dag,Aan sy liefde is daar geen einde nie.

9. die maan en die sterre om te heers oor die nag.Aan sy liefde is daar geen einde nie.

10. Hy het die Egiptenaars getref met die dood van hulle eersgeborenesAan sy liefde is daar geen einde nie.

11. en Israel onder hulle uit geleiAan sy liefde is daar geen einde nie.

12. met sy groot mag en krag.Aan sy liefde is daar geen einde nie.

13. Hy het die Rietsee in twee gekloofAan sy liefde is daar geen einde nie.

14. en Israel daar deur laat trek,Aan sy liefde is daar geen einde nie.

15. maar die farao met sy leërmag in die Rietsee gestort.Aan sy liefde is daar geen einde nie.

16. Hy het sy volk deur die woestyn laat trek.Aan sy liefde is daar geen einde nie.

17. Hy het groot konings oorwin,Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 136