Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 128:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Pelgrimslied.Dit gaan goed met elkeen wat die Here dienen sy wil doen.

2. Die vrug van jou arbeid sal jy geniet,gelukkig en voorspoedig sal jy wees.

3. Jou vrou is in jou huis soos 'n vrugbare wingerdstok,jou seuns is rondom jou tafel soos jong olyfboompies!

4. Kyk, so word die man geseën wat die Here dien.

5. Mag die Here jou seën uit Sion,dat jy die voorspoed van Jerusalem kan aanskoual die dae van jou lewe,

6. en dat jy jou kindskinders mag sien.Mag daar vir Israel vrede wees!

Lees volledige hoofstuk Psalms 128