Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 120:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Pelgrimslied.In my nood het ek na die Here geroepen Hy het my gebed verhoor.

2. Red my uit die mag van leuenaars, Here,uit die mag van bedrieërs.

3. Wat sal God aan jou doen, jou bedrieër?Hoe sal Hy teen jou optree?

4. Hy sal jou tref met die skerp pyle van 'n krygsman,met gloeiende kole.

5. Hoe ellendig was dit toe ek as vreemdeling in Mesek gewoon heten tussen die inwoners van Kedar gebly het!

6. Te lank moes ek woon by mense wat vrede haat.

7. Ek het vrede begeer,maar sodra ek iets gesê het, was hulle op oorlog uit!

Lees volledige hoofstuk Psalms 120