Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 12:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier: met basstem. 'n Psalm van Dawid.

2. Help tog, Here,want daar is geen vrome meer nie,daar is geen betroubare mens meer oor nie.

3. Die mense bedrieg mekaar;hulle mislei mekaar met vleitaal.

4. Die Here sal al die vleitaal uitroeien die grootpratery van die mense

5. wat sê:“In ons tong lê ons krag.Ons lippe help ons.Ons buig vir niemand nie.”

6. Maar die Here sê:“Die swakkes word mishandelen die armes kla.Daarom gryp Ek nou inen gee uitkoms aan dié wat daarna smag.”

7. Daar is niks vals in wat die Here sê nie.Sy woorde is soos silwerwat oor en oor in 'n oond gesuiwer is.

Lees volledige hoofstuk Psalms 12