Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 118:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Loof die Here, want Hy is goed,aan sy liefde is daar geen einde nie!

2. Israel moet getuig:“Aan sy liefde is daar geen einde nie.”

3. Die huis van Aäron moet getuig:“Aan sy liefde is daar geen einde nie.”

4. Dié wat die Here dien, moet getuig:“Aan sy liefde is daar geen einde nie.”

5. In my nood het ek na die Here geroep,die Here het my gebed verhoor en my bevry.

6. Die Here is by my, ek ken geen vrees nie;wat kan 'n mens aan my doen?

7. Die Here is by my, Hy help my:ek sal neerkyk op dié wat my haat.

8. Om by die Here te skuil,is beter as om op mense te vertrou.

9. Om by die Here te skuil,is beter as om op hoë mense te vertrou.

10. Nasies het van alle kante af op my afgestorm.In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan.

11. Hulle het my omsingel, my van alle kante bestorm.In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan.

12. Hulle het soos bye om my gepak,maar hulle het verdwyn soos doringtakke in 'n vuur.In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan.

Lees volledige hoofstuk Psalms 118