Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 116:1-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ek het die Here lief,want Hy verhoor my smeekgebede.

2. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het.

3. Bande van die dood het my omsluit,doodsangs het my aangegryp,ek het benoud en bekommerd geword.

4. Toe het ek die Naam van die Here aangeroep:“Here, red my tog!”

5. Die Here is genadig en regverdig,ons God ontferm Hom oor ons.

6. Die Here beskerm die hulpeloses:ek was magteloos, maar Hy het my gered.

7. Ek moet nou tot rus kom,die Here het goed aan my gedoen:

8. U het my van die dood gered,U het 'n einde gemaak aan my trane,U het gesorg dat ek nie weer struikel nie.

9. Ek kon voor die Here bly wandelin die land van die lewendes.

10. Ek het in U bly glo,selfs toe ek gedink het dit is klaar met my

11. en toe ek in my vertwyfeling besef het:ek kan op geen mens staat maak nie.

12. Hoe sal ek die Here vergoedvir al sy weldade aan my?

13. Met 'n drankoffer sal ek van sy redding getuigen die Naam van die Here aanroep.

14. My geloftes aan die Here sal ek betaalin die teenwoordigheid van sy hele volk.

15. Vir die Here is die dood van sy troue dienaars geen geringe saak nie.

16. Ek is u dienaar, Here,van my geboorte af is ek al u dienaar:U het my vry gemaak.

Lees volledige hoofstuk Psalms 116