Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 115:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie,maar aan u Naam kom die eer toe,want dit is U wat liefde en trou bewys.

2. Waarom sou die heidene kan sê:“Waar is hulle God nou?”

3. En dit terwyl ons God in die hemel is!Alles wat Hy wil, doen Hy.

4. Wat húlle het, is afgode, van silwer en goud,die werk van mensehande.

5. 'n Mond het hulle, maar praat kan hulle nie,oë het hulle, maar sien kan hulle nie;

6. ore het hulle, maar hoor kan hulle nie;'n neus het hulle, maar ruik kan hulle nie.

7. Hulle hande, daarmee kan hulle nie voel nie,hulle voete, daarmee kan hulle nie loop nie.Daar kom geen geluid uit hulle keel nie.

8. Wie hulle maak en op hulle vertrou,sal net soos hulle word.

9. Israel, vertrou op die Here!Hy help en beskerm jou.

Lees volledige hoofstuk Psalms 115