Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 111:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Prys die Here!Met my hele hart wil ek die Here loofin die samekoms van die opregtes, in die gemeente.

2. Die werke van die Here is groot,almal wat daarin vreugde vind, dink daaroor na.

3. Sy dade is vol majesteit en luister,sy trou staan vir altyd vas.

4. Hy sorg dat sy magtige dade nie vergeet word nie.Genadig en barmhartig is die Here.

5. Hy voed dié wat Hom dien,Hy hou sy verbond altyd in stand.

6. Hy het sy volk die krag van sy dade laat ervaar,Hy het aan hulle die land van ander nasies gegee.

7. Wat Hy doen, getuig van trou en reg,al sy voorskrifte staan vas,

8. hulle is vir altyd geldig,hulle is gegee in trou en regverdigheid.

9. Hy het vryheid vir sy volk bewerk,sy verbond vir altyd ingestel.Sy Naam is heilig, dit wek ontsag.

Lees volledige hoofstuk Psalms 111