Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 109:11-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Laat die skuldeiser beslag lê op al sy besittings,laat vreemdes plunder wat hy met moeite bymekaargemaak het!

12. Laat niemand aan hom liefde bewys nie,laat niemand hom die lot van sy kinders aantrek nie.

13. Laat sy nageslag uitgeroei word,laat hulle naam binne een geslag uitgewis wees!

14. Mag die Here die ongeregtigheid van sy voorvaders nie vergeet nie,mag die sonde van sy moeder nooit uitgewis word nie!

15. Laat dit voortdurend vir die Here bly bestaan,maar laat hulle naam van die aarde af gevee word

16. omdat hy nie daaraan gedink het om liefde te bewys nie:hy het die mens in nood en die arme,dié wat plat geslaan is, tot die dood toe vervolg.

17. Hy het graag vervloek, laat die vloek hóm tref!Hy het nie graag geseën nie, laat seën ver van hóm af wees!

18. Om mense te vervloek, is vir hom soos klere dra,soos water drink,soos lyfolie aansmeer.

19. Laat sy vloek hom aankleef soos sy klere,soos 'n gordel wat hy deurentyd dra!”

20. Mag die Here dit alles oor my teëstanders laat kom,oor dié wat my sulke vreeslike dinge toewens.

Lees volledige hoofstuk Psalms 109