Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 108:4-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Onder die volke wil ek U loof, Here,onder die nasies u lof besing,

5. want u liefde reik tot in die hemel,u trou tot in die wolke.

6. Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel,hoog bo die aarde u mag.

7. Verlos ons deur u groot mag, en help ons,sodat hulle vir wie U liefhet, gered kan word.

8. God het in sy heilige woning gesê:“As oorwinnaar sal Ek Sigem verdeelen die Sukkotlaagte uitdeel!

9. Aan My behoort Gilead,aan My behoort Manasse!Efraim is my vernaamste vesting,Juda my koninklike gebied.

10. Moab is tot my beskikking,Edom neem Ek in besit,oor Filistea juig Ek as oorwinnaar.”

11. Wie sal ons na Edom toe lei,ons bring na sy goed beskermde stad?

12. U het ons verstoot, o God,U trek nie saam met ons leërs uit nie, o God!

13. Help U ons tog teen die vyand,want die hulp van mense — dit is niks.

14. Met God aan ons kant sal ons oorwin,Hy self sal ons vyande vertrap.

Lees volledige hoofstuk Psalms 108