Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 9:2-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Een en dieselfde lot tref almal:die regverdige en die goddelose,die goeie, die reine en die onreine,die een wat offer en die een wat nie offer nie.Soos dit met die goeie gaan, so gaan dit met die sondaar,soos dit gaan met die een wat 'n eed aflê,so gaan dit met hom wat weier om 'n eed af te lê.

3. Die ellende met alles wat in hierdie wêreld gebeur, is dat dieselfde lot almal tref. Die hart van die mens is vol boosheid; die dwaasheid bly hom sy lewe lank by, en sy einde is die dood.

4. Solank jy onder die lewendes is, het jy hoop.'n Hond wat lewe, is beter as 'n leeu wat dood is.

5. Dié wat lewe, weet hulle sal doodgaan, maar die dooies weet niks;daar wag vir hulle niks meer nie, hulle is vergeet;

6. dit is klaar met hulle liefde, hulle haat en hulle hartstog.Hulle sal nooit weer deel hê aan wat in hierdie wêreld gebeur nie.

7. Eet dus jou brood met vreugde,drink jou wyn met 'n bly gemoed;God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen.

8. Dra altyd wit klere,versorg jou hare met olie.

9. Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet,dié lewe wat tot niks kom nie,maar wat God jou in hierdie wêreld gegee het,die hele lewe wat tot niks kom nie.Dit is wat jou toekom in die lewe,wat jou toekom vir al jou geswoeg in hierdie wêreld.

Lees volledige hoofstuk Prediker 9