Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 9:15-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. In die stad was 'n arm man met baie wysheid, en hy het die stad deur sy wysheid gered. Maar niemand het die arm man onthou nie.

16. Toe het ek gesê:Wysheid is wel beter as krag,maar die wysheid van die arme word geminag,en niemand luister na wat hy sê nie.

17. Die rustige woorde van dié wat wysheid het, word beter gehoor as die geskree van een wat heers oor dwase.

18. Wysheid is beter as wapens,maar een misstap kan baie wat goed is, bederf.

Lees volledige hoofstuk Prediker 9