Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 9:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Dit alles het ek ter harte geneem en ek het bevind:God regeer oor dié wat reg doen en wysheid het, en oor wat hulle doen. Niemand weet of daar vir hom liefde of haat wag nie.

2. Een en dieselfde lot tref almal:die regverdige en die goddelose,die goeie, die reine en die onreine,die een wat offer en die een wat nie offer nie.Soos dit met die goeie gaan, so gaan dit met die sondaar,soos dit gaan met die een wat 'n eed aflê,so gaan dit met hom wat weier om 'n eed af te lê.

3. Die ellende met alles wat in hierdie wêreld gebeur, is dat dieselfde lot almal tref. Die hart van die mens is vol boosheid; die dwaasheid bly hom sy lewe lank by, en sy einde is die dood.

4. Solank jy onder die lewendes is, het jy hoop.'n Hond wat lewe, is beter as 'n leeu wat dood is.

5. Dié wat lewe, weet hulle sal doodgaan, maar die dooies weet niks;daar wag vir hulle niks meer nie, hulle is vergeet;

6. dit is klaar met hulle liefde, hulle haat en hulle hartstog.Hulle sal nooit weer deel hê aan wat in hierdie wêreld gebeur nie.

7. Eet dus jou brood met vreugde,drink jou wyn met 'n bly gemoed;God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen.

Lees volledige hoofstuk Prediker 9