Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 7:14-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Wees bly op die dag van voorspoed, en as daar 'n dag van teëspoed kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gegee, sodat die mens nie sal weet wat vir hom voorlê nie.

15. In my lewe wat tot niks gekom het nie, het ek alles gesien:'n regverdige gaan onder al doen hy reg,'n goddelose geniet 'n lang lewe, al doen hy verkeerd.

16. Moet jou nie te regverdig wil hou nie,moenie aanspraak maak op meer wysheid as wat jy het nie;waarom jou eie ondergang soek?

17. Moenie aanhou verkeerd doen nie,moenie dwaas wees nie;waarom voor jou tyd doodgaan?

18. Dit is goed dat jy aan die een vermaning vashouen die ander ook nie laat los nie,want hy wat vir God dien, gehoorsaam altwee.

19. Wysheid gee aan dié wat dit het,meer mag as wat tien maghebbers in 'n stad het.

20. Daar is geen mens op aarde regverdig nie,niemand wat net goed doen en nie sondig nie.

21. Moet jou nie steur aan alles wat gesê word nie. Dan sal jy jou dit nie aantrek as jou slaaf jou verwens nie.

22. Jy weet hoe baie kere jy self ander verwens het.

23. Ek het alles met die hulp van wysheid getoets.Ek wou wysheid bekom, maar dit het buite my bereik gebly.

Lees volledige hoofstuk Prediker 7