Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 4:10-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie.

11. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is, warm word?

12. Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. 'n Driedubbele tou breek nie maklik nie.

13. 'n Jong man wat arm is maar verstandig,is beter as 'n koning wat oud is maar dwaasen hom nie meer wil laat waarsku nie.

14. 'n Jong man het uit die tronk gekom en koning geword alhoewel hy arm gebore is in die koninkryk van sy voorganger.

15. Ek het gesien dat al wat lewe in hierdie wêreld hulle skaar aan die kant van die jongman wat die koning se plek ingeneem het.

Lees volledige hoofstuk Prediker 4