Ou Testament

Nuwe Testament

Obadja 1:10-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. op jou broervolk Jakob,oor die geweld teen hom, sal jy verslaan word,uitgeroei word vir altyd.

11. Die dag toe vreemdes die bevolking van Jakob gevange weggevoer het,het jy afsydig daar gestaan.Toe uitlanders die poorte van Jerusalem binnegegaanen oor hom begin lootjies trek het, was jy aan hulle kant.

12. Jy moes jou nie daarin verlekker hetdat jou broer se dag gekom het nie,die dag toe die ongeluk hom getref het;jy moes nie so bly gewees het oor wat gebeur hetmet die mense van Judadie dag toe hulle omgekom het nie;jy moes nie so uit die hoogte gepraat hetdie dag toe die ellende hulle getref het nie;

13. jy moes nie die poorte van my volk binnegegaan hetdie dag toe die ramp hom getref het nie;jy moes jou nie ook verlekker het in sy ongelukdie dag toe die ramp hom getref het nie;jy moes nie sy besittings geroof hetdie dag toe die ramp hom getref het nie;

Lees volledige hoofstuk Obadja 1