Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 6:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het aan Moses opdrag gegee

2. om met die Israeliete te praat en vir hulle te sê:“Wanneer iemand, 'n man of 'n vrou, 'n besondere nasireërgelofte aflê om hom aan die Here te wy,

3. moet hy hom weerhou van wyn en bier. Hy mag geen druiwe-asyn of ander asyn drink nie, geen druiwesap nie en ook nie druiwe of rosyntjies eet nie.

4. Die hele tydperk van sy wyding mag hy hoegenaamd niks eet wat die wingerdstok voortbring nie, selfs nie druiwepitte of -doppe nie.

5. “Vir die volle duur van sy nasireërgelofte mag hy nie sy hare of sy baard skeer nie. Hy is iemand wat vir die Here afgesonder is, en hy moet sy hare vrylik laat groei totdat die tyd van sy wyding aan die Here verby is.

6. “Gedurende die tyd van sy wyding aan die Here mag hy nie naby 'n lyk kom nie.

7. Selfs as sy pa of ma, broer of suster sterf, mag hy hom nie verontreinig deur aan hulle te raak nie, want sy hare is die teken van sy wyding aan God.

8. Solank sy nasireërgelofte van krag is, is hy afgesonder vir die Here.

9. Maar as hy hom verontreinig deur aan iemand te raak wat onverwags in sy omgewing te sterwe kom, moet hy sy hare afskeer op die dag waarop hy rein verklaar word; op die sewende dag moet hy sy hare afskeer.

Lees volledige hoofstuk Numeri 6