Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 5:26-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Die priester moet ook 'n handjievol van die graanoffer as simbool van haar hele offer vat en op die altaar verbrand, en daarna moet hy die vrou die res van die water laat drink.

27. Die water wat hy haar laat drink, sal, as sy haar verontreinig en troubreuk teenoor haar man gepleeg het, in haar ingaan en die vloek meebring wat bittere smart sal veroorsaak, en dit sal haar buik laat opswel. Haar vrugbaarheid sal vergaan en haar mense sal haar vervloek.

28. Maar as die vrou haar nie verontreinig het nie en getrou was, sal haar onskuld bewys word en sal sy kinders kan kry.

29. “Dit is dan die voorskrif vir gevalle van agterdog. As 'n vrou ontrou word aan haar man en haarself verontreinig,

30. of as 'n man agterdogtig begin raak en sy vrou verdink, moet die priester die vrou in die teenwoordigheid van die Here laat staan en met haar handel presies volgens al die bepalings van hierdie voorskrif.

31. Die man sal onskuldig wees, maar die vrou sal vir haar oortreding moet boet.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 5