Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 5:2-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. “Beveel die Israeliete om elkeen uit die kamp uit te stuur wat 'n ernstige velsiekte het of aan 'n geslagsiekte ly, of wat verontreinig is deur aan 'n lyk te raak.

3. Dit geld mans sowel as vrouens. Julle moet hulle buitekant die kamp uit stuur, sodat hulle nie die kamp waarin Ek onder hulle woon, verontreinig nie.”

4. Die Israeliete het toe so gemaak: hulle het die onreines uit die kamp uit gestuur, presies soos die Here vir Moses gesê het.

5. Die Here het aan Moses opdrag gegee

6. om vir die Israeliete te sê: “Wanneer iemand, man of vrou, 'n medemens benadeel en dus ontrou teenoor die Here is, is hy skuldig

7. en moet hy sy sonde bely. Hy moet die volle bedrag van die skade plus 'n vyfde daarvan teruggee aan die persoon wat hy benadeel het.

8. As die benadeelde na sy dood geen familielid het aan wie die skuld betaal kan word nie, kom die bedrag die Here toe en moet dit aan 'n priester gegee word. Afgesien hiervan moet die skuldige nog die ram voorsien waarmee die priester vir die skuldige versoening moet doen.”

9. “Die offergawes wat die Israeliete na die priester toe bring vir die diens van die Here, behoort aan die priester.

10. Die gewyde gawes wat iemand bring, bly sy eie, maar wat die priester toekom, moet aan hom gegee word.”

11. Die Here het aan Moses opdrag gegee

Lees volledige hoofstuk Numeri 5