Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 30:10-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. “As 'n getroude vrou 'n gelofte doen of met 'n eed 'n verpligting op haar neem,

11. en haar man hoor daarvan en maak nie beswaar nie en keur dit nie af nie, bly al haar geloftes en die verpligtinge wat sy op haar geneem het, van krag.

12. Maar as haar man die geloftes uitdruklik nietig verklaar wanneer hy daarvan hoor, is alles wat sy gesê het, haar geloftes of verpligtinge, nie van krag nie, en sal die Here dit nie teen haar hou nie.

13. Elke gelofte of eed waarmee sy haarself wil kasty, kan deur haar man van krag gemaak of nietig verklaar word.

14. As haar man nie voor die volgende dag beswaar maak nie, maak hy al haar geloftes of al die verpligtinge wat sy op haar geneem het, van krag. Hy het dit dan van krag gemaak deurdat hy geen beswaar gemaak het toe hy daarvan gehoor het nie.

15. As hy egter die geloftes of verpligtinge eers lank nadat hy daarvan gehoor het, nietig verklaar, dra hy die skuld daarvoor, nie sy nie.”

16. Dit is die voorskrifte wat die Here aan Moses gegee het oor die verhouding tussen 'n man en sy vrou, en tussen 'n pa en sy ongetroude dogter wat nog in haar ouerhuis is.

Lees volledige hoofstuk Numeri 30