Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 28:8-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Julle moet die tweede lam teen die aand offer, met dieselfde hoeveelheid meel, olie en wyn daarby as in die oggend. Dit is 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word.”

9. “Op die sabbat moet julle twee jaaroud lammers sonder liggaamsgebrek offer, met daarby drie kilogram meel wat met olie gemeng is as graanoffer en met 'n drankoffer daarby.

10. Dit is die brandoffer vir elke sabbat afgesien van die gereelde brandoffer en die drankoffer daarby.”

11. “Op die eerste dag van elke maand moet julle vir die Here as brandoffer bring twee jong bulle, een ram en sewe jaaroud lammers, almal sonder liggaamsgebrek.

12. Saam met elke bul moet julle 'n graanoffer bring van vyf kilogram meel gemeng met olie, saam met elke ram drie kilogram,

13. en saam met elke lam een en 'n half kilogram. Dit is die brandoffer, die vuuroffer, wat deur die Here aanvaar word.

14. Die drankoffer saam met elke bul is twee liter wyn, saam met elke ram een en 'n derde liter en saam met elke lam een liter. Dit is die brandoffer wat deur die jaar elke maand gebring moet word.

15. Afgesien van die gereelde brandoffer met die drankoffer daarby, moet 'n bokram as sondeoffer vir My gebring word.”

16. “Die paasfees moet op die veertiende van die eerste maand tot eer van die Here gevier word.

17. Op die vyftiende van dié maand moet daar 'n fees wees. Julle moet sewe dae lank net ongesuurde brood eet.

18. Op die eerste van die sewe dae moet daar 'n gewyde byeenkoms wees, dan mag julle geen gewone werk doen nie.

19. Julle moet vir die Here 'n vuuroffer, 'n brandoffer bring van twee jong bulle, 'n ram en sewe jaaroud lammers, almal sonder liggaamsgebrek.

Lees volledige hoofstuk Numeri 28