Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 28:24-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. So moet julle sewe dae lank elke dag 'n voedseloffer, 'n vuuroffer, bring wat deur die Here aanvaar word. Dié offers moet gebring word afgesien van die gereelde brandoffer met die drankoffer daarby.

25. Ook op die sewende dag moet daar vir julle 'n gewyde byeenkoms wees, dan mag julle geen gewone werk doen nie.”

26. “Sewe weke na paasfees wanneer julle die fees van die weke tot eer van die Here begin vier en die graanoffer uit die nuwe oes bring, moet daar vir julle 'n gewyde byeenkoms wees, dan mag julle geen gewone werk doen nie.

27. Julle moet vir die Here as brandoffer wat deur Hom aanvaar word, twee jong bulle, 'n ram en sewe jaaroud lammers bring.

Lees volledige hoofstuk Numeri 28