Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 28:16-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. “Die paasfees moet op die veertiende van die eerste maand tot eer van die Here gevier word.

17. Op die vyftiende van dié maand moet daar 'n fees wees. Julle moet sewe dae lank net ongesuurde brood eet.

18. Op die eerste van die sewe dae moet daar 'n gewyde byeenkoms wees, dan mag julle geen gewone werk doen nie.

19. Julle moet vir die Here 'n vuuroffer, 'n brandoffer bring van twee jong bulle, 'n ram en sewe jaaroud lammers, almal sonder liggaamsgebrek.

20. Saam met elke bul moet julle 'n graanoffer bring van vyf kilogram meel gemeng met olie, saam met die ram drie kilogram,

21. en saam met elk van die sewe lammers een en 'n half kilogram.

22. Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring om vir julle versoening te doen.

23. Julle moet hierdie offers bring afgesien van die gereelde brandoffers in die môre.

24. So moet julle sewe dae lank elke dag 'n voedseloffer, 'n vuuroffer, bring wat deur die Here aanvaar word. Dié offers moet gebring word afgesien van die gereelde brandoffer met die drankoffer daarby.

Lees volledige hoofstuk Numeri 28