Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 28:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Beveel die Israeliete om op die bestemde tyd die offer te bring wat My toekom, die voedsel vir my vuuroffers wat deur My aanvaar word.”

3. “Sê vir hulle: Julle moet die volgende vuuroffer vir die Here bring: twee jaaroud lammers sonder liggaamsgebrek as gereelde brandoffers vir elke dag.

4. Offer een lam in die môre en een teen die aand

5. saam met een en 'n half kilogram meel as graanoffer, gemeng met 'n liter suiwer olie.

6. Dit is die gereelde brandoffer wat al by Sinaiberg gebring is, 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word.

7. Wanneer julle die eerste lam offer, moet julle 'n liter wyn as drankoffer vir die Here by die heiligdom uitgiet.

8. Julle moet die tweede lam teen die aand offer, met dieselfde hoeveelheid meel, olie en wyn daarby as in die oggend. Dit is 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 28