Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 21:13-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Daarvandaan het hulle weer versit en kamp opgeslaan langs die Arnonrivier wat uit die gebied van die Amoriete deur die woestyn loop. Die Arnon is die grens tussen Moab en die Amoriete.

14. Daarom lees ons in die Boek van die Oorloë van die Here:“By Waheb in Sufa en by die spruite, by die Arnon,

15. teen die hange langs die spruitewat strek tot by die gebied van Aren grens aan die gebied van Moab.”

16. Daarvandaan het Israel verder getrek tot by Beër. Dit is die Beër waar die Here vir Moses gesê het: “Laat die volk bymekaarkom en Ek sal vir hulle water uit die put gee.”

17. Israel het toe hierdie lied gesing:“Put, lewer jou water,en ons sal daarvan sing!

18. Put wat deur leiers gegrawe is,wat deur vernames van die volk oopgemaak ismet septer en kierie.”Van die woestyn af is die Israeliete na Mattana toe,

19. van Mattana af na Nagaliël toe, van Nagaliël af na Bamot toe,

20. en van Bamot af na die vallei in die gebied van Moab, naby die top van Pisgaberg wat afkyk op die droë wêreld.

21. Die Israeliete het boodskappers gestuur na koning Sihon van die Amoriete toe met die versoek:

22. “Laat ons toe om deur u land te trek. Ons sal nie afdraai na die lande of die wingerde toe nie, en ons sal ook nie water uit die putte drink nie. Ons sal net met die Koningspad langs trek totdat ons deur u gebied is.”

23. Sihon wou Israel egter nie toelaat om deur sy gebied te trek nie. Hy het al sy manskappe opgeroep en Israel in die woestyn tegemoet getrek. Toe Sihon by Jahas kom, het hy Israel aangeval.

24. Israel het hom egter verslaan en sy land beset van die Arnon af tot by die Jabbok, tot by die Ammoniete, wie se grens goed versterk was.

25. Die Israeliete het al die stede van die Amoriete verower en daarin gaan woon, ook in Gesbon en al sy buitedorpe.

26. Gesbon was die stad van koning Sihon van die Amoriete. Sihon het teen 'n vorige koning van Moab oorlog gemaak en sy hele gebied tot aan die Arnon van hom afgevat.

27. Daarom sê die digters:“Kom na Gesbon toe, bou dit weer op,herstel die stad van Sihon.

28. Daar het 'n vuur uit Gesbon uit gegaan,'n vlam uit die stad van Sihon,en dit het Ar-Moab verteerwat die Arnonhoogtes beheer.

29. Dis klaar met jou, Moab,jy gaan tot niet, volk van Kemos!Hy moes sy seuns as vlugtelinge prysgee,sy dogters as gevangenes aan koning Sihon van die Amoriete!

30. Maar nou het ons op hulle losgetrek:Gesbon se gebied is verwoes tot by Dibon,ons het hulle uitgeroei tot by Nofag,tot by Medeba.”

31. So het Israel dan in die land van die Amoriete gaan woon.

32. Moses het manne gestuur om Jaser te gaan verken. Hulle het Jaser en sy buitedorpe ingeneem en die Amoritiese inwoners verdryf.

Lees volledige hoofstuk Numeri 21