Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 2:9-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Die hele kamp onder leiding van Juda, ingedeel in leërafdelings, is altesaam 186 400 weerbare manne.“Hierdie drie stamme moet altyd eerste versit.

10. “Aan die suidekant moet die stam Ruben kamp opslaan. Hy moet dit doen by sy vaandel en ingedeel in leërafdelings. Elisur seun van Sedeür is die leier van die stam.

11. Die getal van Ruben se weerbare manne is 46 500.

12. Die stam Simeon moet langs Ruben kamp opslaan. Selumiël seun van Suri-Saddai is die leier van die stam.

13. Die getal van sy weerbare manne is 59 300.

14. Daarna volg die stam Gad met Eljasaf seun van Reüel as leier.

15. Die getal van sy weerbare manne is 45 650.

16. Die hele kamp onder leiding van Ruben, ingedeel in leërafdelings, is altesaam 151 450 weerbare manne.“Hierdie stamme moet altyd tweede versit.

17. “Die kamp van die Leviete met die tent van ontmoeting moet altyd in die middel van die ander kampe bly wanneer hulle trek. In dieselfde orde waarin die stamme kamp opslaan, moet hulle ook die kamp opbreek, elkeen op sy eie plek en by sy eie vaandel.

18. “Aan die westekant moet die stam Efraim kamp opslaan. Hy moet dit doen by sy vaandel en ingedeel in leërafdelings. Elisama seun van Ammihud is die leier van die stam.

19. Die getal van die weerbare manne is 40 500.

20. Die stam Manasse moet langs Efraim wees. Gamliël seun van Pedasur is sy leier.

21. Die getal van sy weerbare manne is 32 200.

22. Daarna volg die stam Benjamin met Abidan seun van Gidoni as leier.

23. Die getal van sy weerbare manne is 35 400.

24. Die hele kamp onder leiding van Efraim, ingedeel in leërafdelings, is altesaam 108 100 weerbare manne.“Hierdie stamme moet altyd derde versit.

25. “Aan die noordekant moet die stam Dan kamp opslaan. Hy moet dit doen by sy vaandel en ingedeel in leërafdelings. Agiëser seun van Ammi-Saddai is die leier van hierdie stam.

26. Die getal van Dan se weerbare manne is 62 700.

27. Die stam Aser moet langs Dan kamp opslaan. Pagiël seun van Okran is leier van die stam.

28. Die getal van Aser se weerbare manne is 41 500.

29. Daarna volg die stam Naftali met Agira seun van Enan as leier.

Lees volledige hoofstuk Numeri 2