Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 2:21-34 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Die getal van sy weerbare manne is 32 200.

22. Daarna volg die stam Benjamin met Abidan seun van Gidoni as leier.

23. Die getal van sy weerbare manne is 35 400.

24. Die hele kamp onder leiding van Efraim, ingedeel in leërafdelings, is altesaam 108 100 weerbare manne.“Hierdie stamme moet altyd derde versit.

25. “Aan die noordekant moet die stam Dan kamp opslaan. Hy moet dit doen by sy vaandel en ingedeel in leërafdelings. Agiëser seun van Ammi-Saddai is die leier van hierdie stam.

26. Die getal van Dan se weerbare manne is 62 700.

27. Die stam Aser moet langs Dan kamp opslaan. Pagiël seun van Okran is leier van die stam.

28. Die getal van Aser se weerbare manne is 41 500.

29. Daarna volg die stam Naftali met Agira seun van Enan as leier.

30. Die getal van sy weerbare manne is 53 400.

31. Die hele kamp onder leiding van Dan is altesaam 157 600 weerbare manne.“Hierdie stamme moet met hulle vaandels die laaste versit.”

32. Dit was dan die groottotaal van al die Israeliete, getel volgens families. Al die geteldes van die kampe, ingedeel in leërafdelings, was 603 550 man.

33. Die Leviete is nie onder die getal van Israel bygereken nie, soos die Here vir Moses beveel het.

34. Die Israeliete het presies gedoen soos die Here vir Moses beveel het. Hulle het kamp opgeslaan, elkeen by sy eie vaandel, en elke keer weer weggetrek, elke stam ingedeel volgens sy familiegroepe.

Lees volledige hoofstuk Numeri 2