Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 2:1-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het met Moses en Aäron gepraat en gesê:

2. “Die Israeliete moet kamp opslaan, elkeen by sy vaandel, by sy familieteken. Hulle moet die kamp rondom die tent van ontmoeting opslaan, so 'n entjie daarvandaan.

3. “Aan die ooste, sonop se kant, moet die stam Juda kamp opslaan. Hy moet dit doen by sy vaandel en ingedeel in leërafdelings. Nagson seun van Amminadab is die leier van die stam.

4. Die getal van Juda se weerbare manne is 74 600.

5. Die stam Issaskar moet langs Juda kamp opslaan. Netanel seun van Suar is sy leier.

6. Die getal van sy weerbare manne is 54 400.

7. Daarna volg die stam Sebulon met Eliab seun van Gelon as leier.

8. Die getal van sy weerbare manne is 57 400.

9. Die hele kamp onder leiding van Juda, ingedeel in leërafdelings, is altesaam 186 400 weerbare manne.“Hierdie drie stamme moet altyd eerste versit.

10. “Aan die suidekant moet die stam Ruben kamp opslaan. Hy moet dit doen by sy vaandel en ingedeel in leërafdelings. Elisur seun van Sedeür is die leier van die stam.

11. Die getal van Ruben se weerbare manne is 46 500.

12. Die stam Simeon moet langs Ruben kamp opslaan. Selumiël seun van Suri-Saddai is die leier van die stam.

13. Die getal van sy weerbare manne is 59 300.

14. Daarna volg die stam Gad met Eljasaf seun van Reüel as leier.

15. Die getal van sy weerbare manne is 45 650.

16. Die hele kamp onder leiding van Ruben, ingedeel in leërafdelings, is altesaam 151 450 weerbare manne.“Hierdie stamme moet altyd tweede versit.

17. “Die kamp van die Leviete met die tent van ontmoeting moet altyd in die middel van die ander kampe bly wanneer hulle trek. In dieselfde orde waarin die stamme kamp opslaan, moet hulle ook die kamp opbreek, elkeen op sy eie plek en by sy eie vaandel.

18. “Aan die westekant moet die stam Efraim kamp opslaan. Hy moet dit doen by sy vaandel en ingedeel in leërafdelings. Elisama seun van Ammihud is die leier van die stam.

19. Die getal van die weerbare manne is 40 500.

20. Die stam Manasse moet langs Efraim wees. Gamliël seun van Pedasur is sy leier.

Lees volledige hoofstuk Numeri 2